MGLogo

Mid-Gauteng Skaakunie / Chess union

Nuts about Chess / Neute oor Skaak

MGLogo

VERSLAG: MID-GAUTENG BY DIE WORLD YOUTH CHESS CHAMPIONSHIP 2008 (WYCC)

Mid-Gauteng het vanjaar agt (die negende speler, Daleen Wiid, het onttrek) nasionale spelers opgelewer wat onlangs by hierdie groot, jaarlikse byeenkoms meegeding het teen die wêreld se beste spelers. Die toernooi het uit elf spelle bestaan vir elke speler in verskillende ouderdomsgroepe van 0/8 tot 0/18, afsonderlik vir seuns en meisies.

Ons het Saterdagmiddag, na meer as 24 ure se reis per vliegtuie en bus in Vung Tau, ‘n skilderagtige kusdorp aangekom. Die busrit vanaf Ho Chi Min City van omtrent 90 km was vier ure lank tussen die mees chaotiese verkeer denkbaar. Ho Chi Min City se paaie wemel van die bromponies met ‘n taxi of vragmotor wat hier-en-daar met ‘n groot geskal deur die verkeer vleg. Ons minibussie kan by hierdie kort mensies leer van toetergebruik, in Vietnam, die sinoniem vir flikkerligte!

Ons was aangenaam verras met die goeie organisering van die toernooi. Vietnam het ongelooflik baie moeite gedoen en het deurentyd mbv. honderde vrywilligers na elkeen se behoeftes omgesien. Die hotelle was skoon en gemaklik, die voedsel baie lekker met verskeie vreemde geregte wat daagliks opgedis is (ek kan nie glo daar is soveel verskillende tipes vrugte wat ek nog nie gesien of geproe het nie).

Die openingseremionie op Sondag was indrukwekkend om die minste te sê. Ek dink ons spelers was geskok toe hulle uit die bus klim en duisende aanhangers hulle begroet. Hulle moes selfs handtekeninge uitdeel en die plaaslike mense wou graag foto’s neem van hulself langs ons spelers as aandenkings, kan julle dit glo? As skaak aan die agterspeen suig in ons land, geld die teenoorgestelde in Vietnam. Die opening- en sluitingseremonie was regstreeks uitgesaai op nasionale televisie, met verskeie optredes van, ek dink, hul plaaslike sangsterre. Die me. Wêreld finaliste het selfs aan die seremonie deelgeneem.

Die toernooi het amptelik op Maandagmiddag begin. Ons het vinnig besef dat die spelers ongelooflik sterk is (die top 0/12 speler se gradering was bv. meer as 2200) en dat daar geen maklike wedstryde sou wees nie. Die spelers het baie hard gewerk, met die wedstryde wat laaaank geneem het (Roland se kortste wedstryd was 2 ure 40 minute). Die spelers het gemiddeld tot goed gedoen (sien uitslae onderaan, die Mid-Gautengers se uitslae is spesifiek gemerk). Om die uitslae in perspektief te stel - 6,5/ 11 was die hoogste totaal verwerf deur ‘n Suid-Afrikaner, met die SA rekord (opgestel in 2001) op 7/11. Indië was by uitstek die beste junior skaakspan met wenners of top drie plekke in bykans al die afdelings. Hulle het bv. in die 0/12- en 0/16 seuns vier uit die top tien plekke beklee, met ‘n eerste, tweede en derde plek by die 0/16’s (in al ons jare van deelname het ons nog nooit iemand in die top tien opgelewer nie).

 Ons het darem tussendeur die dorp met sy tempels, museums en tuine verken. Ek het selfs ‘n motorfiets gehuur en met Roland agterop die strate ingevaar- aan die regterkant van die pad nogal. Ek was aanvanklik nogal skrikkerig, maar gewapen met my toeter en bedagsaamheid (die Vietnamese weet nie wat “road rage” beteken nie) het ons goed reggekom. Mens moes net onthou dat ‘n rooi verkeerslig nie noodwendig beteken dat iemand sal stop nie en dat, as iemand sy toeter hard genoeg gedruk het, hy mag ry waar hy wil, al is dit nou teen die verkeer in. Morné het besluit om die plaaslike hospitaal uit te toets en het besluit om nierstene te ontwikkel. Die man het 14 dokters en spesialiste gehad wat bekommerd na hom omgesien het (seker maar ook skrikkerig vir die regering- ek lees daar dat die doodstraf per vuurpeloton opgelê kan word vir 12 verskillende oortredings in hierdie sosialistiese land). Gelukkig het ons voorsitter mooi herstel en het hy en Sean-Luc later ook die land se populêrste vervoermiddel op die proef gestel.

Om saam te vat, dink ek die spelers het ondervinding van onskatbare waarde opgedoen. Hulle (en die ouers) het die toernooi vreeslik geniet en ek het die grootste agting vir Vietnam en sy vriendelike mense (ons het ‘n paar duisend “dong”, ‘n geldeenheid wat goed meeding met die zim-dollar, ingesamel vir die vrywillgers. Hulle gaan toe en spandeer al die geld om geskenkies vir al die spelers en ouers te koop, “how’s that for sincerety?”) Dankie ook aan Kevin en Monique (sy assistent) vir al hul harde werk en reëlings, asook al die afrigters.

 

Mid-Gauteng Groete

Gerhard Bezuidenhout

 

 

NAME

RND 1

RND 2

RND 3

RND 4

RND 5

RND 6

RND 7

RND 8

RND 9

RND 10

RND 11

TOTAL

BOY'S

U/18

Marais Coenraad

0

0

0

1

0

1

0

1

0

1

0,5

4,5

U/18

Mendes Mikael

0

0

0

1

0,5

0

1

0

1

0

1

4,5

U/18

Solo Muzenda

0

0

1

0.5

1

0

0

0

0

1

1

4.5

U/16

Dole Anant

1

1

0,5

0

0

0

0,5

0

1

1

1

6

U/16

Kannemeyer Werner

1

0

0

0.5

0

0,5

0,5

1

0

0

1

4,5

U/16

Naidu Sayen

0

0

1

0

1

0

0

1

0

0,5

0,5

4

U/14

Bornheim Craig

0

0

0

1

0,5

0

0,5

1

0

0,5

0,5

4

U/14

Du Toit Stefan

0

0

0

0.5

0,5

0,5

1

0,5

0

0

1

4

U/14

Modi Jaishil

0

0

0

0.5

1

0,5

0,5

0

1

0

1

4,5

U/12

Pon Matt

0

0

1

1

0

1

0

0.5

0

0,5

0

4

U/12

Bezuidenhout Roland

0

0

0

0

0,5

1

0,5

0

0

1

1

4

U/12

Moolman Johan

0,5

0

0

0

0,5

0,5

0,5

0

0,5

1

0,5

4

U/10

Conradie Andre

1

0

0,5

0

0

0

0

1

0,5

0

0

3

U/10

De La Rey Sean-Luc

1

0

0

0

1

0

0

0,5

1

0,5

1

5

U/10

Modi  Sachin

0

0,5

0

0

1

1

0

0

0

1

0,5

4

U/10

Oertel Brett

0

0

0

0.5

0

1

0

0

1

1

0

3.5

U/8

Barrish Daniel

0

0

1

1

1

1

1

0

1

0

0,5

6,5

GIRL'S

U/18

Roos Ezet

0

0,5

0

0

1

0,5

1

1

0,5

0

0

4,5

U/18

Hoek Andrea

0

0

1

0

0,5

0,5

1

0

0

1

1

5

U/16

Hattingh Angelique

0

0,5

1

0

1

0

0

1

0

1

0,5

5

U/16

Mendes Megalie

0

0,5

0

1

0,5

1

0

0

1

0

0

4

U/16

Scholtz Sonja

0

0,5

0

0

1

0

0,5

1

0

0,5

0

3,5

U/14

Nel Susanna

0

0

0

1

0

0

1

0

1

0

0,5

3,5

U/14

Tlale Seadion 

0

0

0,5

0.5

1

0

0

0

1

0

1

4

U/14

Van Aarde Lenke

0

1

0

0

0

1

1

0

0

1

0

4

U/12

Amra Tasnin

1

0

0

1

0

1

0

0

1

0

0,5

4,5

U/12

Jeena Cheshni

0

1

0

0

0

0,5

1

0

0

1

0

3,5

U/12

Tlale Tshepang

0

1

0

0

0

0,5

0

1

0

1

1

4,5

U/10

Breedt Shade

0

0

1

0

1

0

0.5

0

0

1

0

3,5

U/10

Du Toit Sune

0

0

0

0.5

1

0,5

1

0

1

0

0

4

U/10

Grundling Anne

0

0,5

0,5

1

0

0

0.5

0

1

0,5

0,5

4,5

U/10

Jurrius Kristyn 

0

0

0

1

0

0,5

0

1

1

0

0,5

4

U/8

De Bruyn Aleida

0

1

1

0.5

0

0,5

0

0

1

0

0

4

 

TOTAL

5,5

8

9,5

15

15,5

14,5

13

11.5

15,5

16

16

140,5